Skipskop Lirieke - David Kramer


Pak op, pak op!

Sit jou goedjies op jou kop.
Môre gaan ons weg,
ver van hier weg.
Skipskop, Skipskop,
wanner hou die dinge op?
Swaarkry lê net voor,
die Blouberge oor.
Overberg se mens is ek gebore
op dié plek, Skipskop,
nes my pa, en sy pa ook.
Hier deur die duine
loop ons se spore.
Hier op die beach,
hier langs die see is ek gedoop.

Maar wat ken ek anders
as die Bloudam se branders,
en die wolke
en die winde wat hier waai?
Verkoop jou bootjie,
pak op jou goedjies,
en sê maar "So long Skipskop –
Skipskop, sê 'Goodbye.'"

Die linkerhand
of die regterhand?
Watse kant lê die plek,

Misverstand?
Asseblief, Meneer,
ag, sê tog weer,
is dit die pad
wat ons moet môre vat?
'n Stukkie lê hier
en 'n stukkie lê daar,
die stukkies van my lewe
hulle lê baie deurmekaar.
Tel op vir Shorty,
en tel op vir Pop.
Gaan haal vir Apie
en hou daai kindjie dop!

Maar wat ken ek anders
as die Bloudam se branders,
die wolke
en die winde wat hier waai?
Pak op jou goedjies
en verkoop jou bootjie,
en sê maar "So long Skipskop –
Skipskop, sê 'Goodbye.'"

Maar wat ken ek anders
as die Bloudam se branders
die wolke
en die winde wat hier waai?
Verkoop jou bootjie
pak op jou goedjies,
en sê maar "Skipskop, so long –
Skipskop, sê 'Goodbye.'"

"So long Skipskop –
Skipskop, sê 'Goodbye.'



Free Web Hosting